The Drama Factory
LAERSKOOL NOORD se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT, maar in hierdie lekker lag produksie is dit alles behalwe die geval.
Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier, met haar glitter stickertjies en sticky notes, is hierdie personeelkamer ‘n tikkende tydbom. En boonop gaan Meneer enige oomblik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof van Laerskool Noord. Kan dit een van hulle wees?
LAERSKOOL NOORD is ‘n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur. Skrywer, Ilne Fourie, bekend vir haar RSG-radiodramas, kleur met haar tong-in-die-kies humor en pittige waarnemingsvermoë hierdie karakters so in dat iedereen van ons sonder twyfel een van ons oud-onderwyseresse sal herken.
Die produksie spog met bekroonde akteurs Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee.
Gideon Lombard, bekroonde akteur en regisseur, hou almal se varkies, en in Meneer se geval, poedels op hok.
Die produksie word geskep in samewerking met Vrystaat Kunstefees en Aardklop en NATi.
18 JAN - Die Boer teater-restaurant in Durbanville met Spesiale Back to School 20% afslag op kaartjies en kos. Drank uitgesluit. Bespreek: www.dieboer.com
19 JAN - Hoërskool Swellendam. Bespreek: 082 731 4733
21 JAN - The Drama Factory in Somerset-Wes. Bespreek: https://www.thedramafactory.co.za/
22 JAN - Middagvertoning by Die Boer teater-restaurant in Durbanville. Bespreek: www.dieboer.com
Comments