top of page

PRESS: TEATER OP TOER brings a selection of top-tier theatre to venues in the Cape

  • Jul 26
  • 5 min read

Christine Skinner

A thrilling new collaboration between Leftfoot Theatre Productions and The Drama Factory will bring a selection of top-tier theatre to the Cape. TEATER OP TOER kicks off at The Drama Factory from 12 to 22 August 2026 with an offering of six stellar productions, as has come to be expected from top theatre company Leftfoot and theatre / producer The Drama Factory. The team will then take the productions on tour, reaching people in Paternoster with their performances at Die Koelkamers.


Penny Wolhuter in IMMORTAL. Photo Supplied.
Penny Wolhuter in IMMORTAL. Photo Supplied.

We are constantly exploring ways to bring more theatre to more people,” says Johan van der Merwe, producer at Leftfoot Theatre Productions. ‘We wanted to create a dynamic platform presenting productions in different areas of the Cape. After the run at The Drama Factory and at Die Koelkamers, we hope to take these and other productions to various venues.”

 

Leftfoot is renowned for its high calibre of productions and its professionalism as a producer,” says Sue Diepeveen, founder of The Drama Factory. “They are not afraid to address the tough issues through their work, as a starting point to create dialogue about these topics. The Drama Factory is proud to be partnering with them for Teater op Toer.”

 

The programme for Teater op Toer at The Drama Factory is:

 

Trans/Vaal

12 August 19h30 & 22 August 15h00

Warning: Geen Onder 12 (Ouerleiding)

Vertolk deur Ignatius van Heerden. Geskryf deur Wim Vorster, met regie deur Marie-Heleen Coetzee.  

Kaartjies R200 

Trans/Vaal is ’n aangrypende Afrikaanse dansteaterstuk deur Ignatius van Heerden wat identiteit, selfontdekking en seksuele identiteit in 1980’s Suid-Afrika ondersoek. Dit volg ’n jong Afrikanerseun se reis na selfaanvaarding binne ’n konserwatiewe, landelike konteks agter die “boeregordyn”. Deur beweging en emosionele vertelling word sy innerlike konflik en groei uitgebeeld. Die produksie het ’n Naledi-teatertoekenning vir Beste Eenpersoonstuk gewen, en is benoem vir Beste Koreografie vir Teater en Beste Grensverskuiwende Werk. TRANS/VAAL is nie net ’n produksie nie — dit is ’n rou, asemrowende ontmoeting wat onder jou vel inklim en daar bly sit lank nadat die ligte doof.

 

O meno O pouse

13 August 18h00; 15 August 10h00; 22 August 12h00

Warning: Geen onder 13s

Met Arina de Witt. Teks en lirieke deur P.G du Plessis. Musiek deur Dewald Riegger. Regie deur Ignatius van Heerden en Johan van der Merwe.

Kaartjies R200

‘n Rou, eerlike en skreeusnaakse kabaret wat reguit uit die hart praat: O meno o pouse volg Bets, ’n pas-afgetrede vrou wat uiteindelik ophou wag—vir liefde, vir toestemming, vir môre. Met skerp humor, brose eerlikheid en kragtige musiek, ontvou ’n verhaal van gemiste kanse en herontdekte drome. Hierdie intieme produksie neem gehore op ’n emosionele reis van verlies na bevryding, waar menopouse nie ’n einde is nie, maar ’n nuwe begin. Dis herkenbaar, raak en verrassend bevrydend—’n viering van stem, self en tweede kanse wat lank ná die laaste noot bly eggo.


Prooi/Prey

13 August 20h00; 15 August 15h00; 16 August 14h00; 22 August 19h00

Warning: SNLV - GBV

No Under 18s / Geen onder 18s / full nudity

Met Ignatius van Heerden, Sue Diepeveen Ryan Rossouw en Penny Wolhuter

Kaartjies R250

Prooi/Prey is ’n bekroonde, grensverskuiwende teaterervaring wat jou nie net laat kyk nie—maar laat deel word. Met aankoms word gehore in twee groepe verdeel en deur drie verweefde stories geneem: ’n jong meisie geteiken vir mensehandel, ’n seun bestem vir orgaanhandel, en die meedoënlose leier van ’n sindikaat. Hierdie roterende, meesleurende formaat plaas jou binne-in die aksie en dwing jou om te kyk waar jy dalk sou wegkyk. Met topklas vertolkings en skerpsinnige regie is dit rou, ontstellend en onvergeetlik. Wenner van ’n Naledi vir Beste Grensverskuiwende Produksie en veelvuldige Vryskitter-toekennings—’n moet-sien wat gehore regoor die land aangegryp het.

 

Dubbelspel

14 & 21 August 19h30

Warning: Geen 0nder 13

Met Arina de Witt en Ignatius van Heerden. Regie deur Johan van der Merwe en Marie-Heleen Coetzee; Teks: Braam van der Vyver.

Kaartjies R200

In Dubbelspel bots verlede en hede in ’n skerp, emosiebelaaide kragmeting tussen twee voormalige minnaars. Wanneer die suksesvolle, maar genadelose Prof. Mara Brandt onverwags gekonfronteer word deur Blaise Breytenbach—haar eks-student en eens geliefde—ontvou ’n spanningsvolle spel van skuld, mag en manipulasie. Met geheime wat dreig om alles te vernietig, en afpersing wat stadig die oorhand kry, word die gehoor ingetrek in ’n wêreld waar niks is soos dit lyk nie. Hierdie 80-minute drama lewer rou eerlikheid, intrige en briljante spel deur Arina de Witt en Ignatius van Heerden. Dubbelspel is ’n fyn uitgewerkte toneelstuk wat die psigologiese nagevolge van ambisie, afhanklikheid en onopgeloste begeerte ondersoek.

 

Immortal

15 August 19h00; 19 August 19h30

Starring Penny Wolhuter. Written by Peter Terry and directed by Sharon Spiegel.

No under 12s

Tickets R200

Immortal is a powerful one-woman production that blends history, resilience, and deeply human storytelling in a spellbinding theatrical experience. This remarkable play is written by Peter Terry, directed by Sharon Spiegel-Wagner, and stars the compelling Penny Wolhuter. It tells the true story of a young South African girl who survived one of the country’s worst train disasters - the 1911 Blaaukrantz river bridge collapse - and the haunting, heroic path she walked in the aftermath. A historical drama grounded in fact and survival against all odds. It is, at its core, a tribute to the endurance of the human spirit - and a story that speaks to everyone.


Wilhelm van der Walt in SEUN. Photo Supplied.
Wilhelm van der Walt in SEUN. Photo Supplied.

Seun

23 August 16h00

Met Wilhelm van der Walt, regie deur Nico Scheepers

Gebaseer op die boek deur Dana Snyman, met teks deur Johann Smith

Geen Onder 13s

Kaartjies R250

Ná groot sukses, vyf Momentum Aardklop-toekennings en ’n Woordtrofee keer Seun op gewilde aanvraag terug. Die produksie volg Dana Snyman se reis terwyl hy die uitdagings van mondigwording te midde van onrus navigeer. Sy ervarings tydens diensplig vorm sy wêreldbeskouing en lei hom om manlikheid, eer en identiteit te bevraagteken. Deur terugflitse en deurslaggewende oomblikke vind Dana liefde en konneksie, wat sy perspektief verander. Vir baie mense was die 1980’s net ’n dekade soos al die ander – die een van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk. ’n Tyd van omwenteling. En ’n tyd wat vrae laat ontstaan het. Dit is die tyd van PW Botha se vuis, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol uit die Weermag ontslaan, maar hy bring eers ’n besoek aan Saal 24. Werkloos en doelloos beland hy in ’n voormalige bediende se kamer in Pretoria. Hierdie rou, selfopenbarende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg vir die Weermag is nie? Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980’s. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry- toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Dié rou, selfonthullende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie? Seun is ’n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van ’n poli­ tieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.

 

Bookings for all shows can be made at www.thedramafactory.co.za. The Drama Factory is situated at 10 Comprop Sq, Henry Vos Close, Asla Business Park, Strand, Western Cape. Parking is available at the venue. With its fully licensed bar and cosy, welcoming atmosphere, The Drama Factory is the perfect venue to enjoy top-quality entertainment with a group of friends or family. The solar-powered invertor ensures the show will always go on, even when there is load-shedding!

 

Make a staycation of a visit to The Drama Factory, booking in with one of their wonderful accommodation partners. Spend the night at The Views Guesthouse, 185 on Beach or Majorca House to enjoy the beauty and many other activities on offer in the surrounding Helderberg region. Visit the website for further details.

 

 
 

© 2025 Theatre Scene Cape Town

bottom of page