top of page

PRESS: KAMP by die THE DRAMA FACTORY met Brendon Daniels and Deon Lotz

Christine Skinner (Publicist)

 

KAMP, ‘n komedie deur Ferdinand Bekker is gebore uit Suid-Afrikaners se groot liefde vir kampering in al sy vorme en hul liefde vir die buitelewe. Dit help ook dat Weg reis tydskrif gereelde leestof is in sy klein huisie. Bekker was verantwoordelik vir 'Net ‘n Chilliburger' en 'Chips asseblief!', 'Die Roadtrip' en 'Dis 20h15' wat by Kunstefeeste en teaters reg oor die land opgevoer is.


Godritch en Claassen, het gaan uitkamp, nie net enige plek nie, maar in ‘n afgeleë wildernis gebied. Wat kan nou lekkerder wees? Hulle kan hul daaglikse sorge agterlaat en net as een met die natuur verkeer, maar soos enige gesoute kampeerder weet is dit nie so maklik nie. Wat as alles nie ingepak is nie? Wat as die vuurhoutjies vergeet is? Wat as daar geluide in die nag is? Twee mans teen die wildernis, wat kan verkeerd loop?


In die rolverdeling is Brendon Daniels as Claassen. Claassen is in sy laat veertigs met ‘n vrou in haar vroeë dertigs. ‘n Rolprent vervaardiger en toep ontwikkelaar. Hy het selfs in sy jeug teater vervaardig. Hy beskou homself as ‘n kunstenaar, maar is eintlik net ‘n sakeman. Hy speel beter golf as Godritch. Brendon Daniels is al verskeie kere bekroon vir sy teater en film werk. Hy was al te siene in Boland Moorde, Fynskrif, Sara se geheim, Four Corners en vele ander rolprente en reekse.


Deon Lotz is Godritch, ‘n man in sy vyftigs. Suksesvol in sy terme. ‘n Entrepeneur. Hy was al twee keer getroud en het 7 kinders. Ja, sewe. Die jongste is 2. Hy beskou homself as ‘n kranige sportman, maar speel eintlik net golf. Deon Lotz was al te siene in vele rolle op die verhoog, televisie en skerm, onder andere in Die Byl, Dis koue kos skat, Legacy en Griekwastad.


KAMP will be performed on Friday 26 November at 8pm.


Tickets cost R140 / R120 for pensioners and scholars

Bookings can be made securely online with a credit card for any show at The Drama Factory by visiting www.thedramafactory.co.za

The direct booking page for this particular show: www.thedramafactory.co.za/show/sterkus21

The Drama Factory is situated at:

10 Comprop Sq, Henry Vos Close, Asla Business Park Strand, Western Cape, South Africa Tel: 073 215 2290

Comments


bottom of page