Pers: Nuutgeskepte teks pak hawelose kwessies met medelye aan by Artscape

Kaapstad, soos menige ander groot stede ter wêreld, staar daagliks die probleem van die haweloses in die oë. Die gewone metro-inwoner stap of ry by hulle verby, onbewus van hoe hulle, die haweloses, op die straat beland het. Hierdie kwessie is juis wat die toneelstuk Onder die Brug ondersoek – die redes vir hulle lot.

 

Die toneelstuk is geskryf deur nuweling, Raydene Le Roux. Zane Meas, die gewilde, voormalige 7de Laan akteur, neem die regie waar. Die tooneelstuk is verder ontwikkel in samewerking met Paul Savage. Le Roux is ‘n lid van Artscape se “Resource Centre”. Dié departement ondersteun benadeelde kreatiewe praktisyne met die oog daarop om hul loopbane op te bou. 

 

“Die Resource Centre by Artscape het definitief deure oopgemaak vir my om myself as skrywer en akteur te ontwikkel. Ek het met wonderlike mentors gewerk, soos Fatima Dike en Rafiek Mammon wie my gehelp om die skryf proses beter te verstaan. En hier is ek vandag, met my eie produksie op die planke,” sé ‘n opgewonde Le Roux.”

 

Onder die Brug fokus op die storie van ‘n jongman, Allan, wat van sy dorpie af wegloop en Kaapstad toe trek, op soek na ‘n beter lewe. Ongelukkig werk sy drome toe nie uit soos wat hy gedink het dit sou nie. Allan vertel hoe omstandighede in ‘n oogblink verander het. Die een oomblik het jy alles en die volgende oomblik niks en hoe dit met enigiemand kan gebeur. So vertel hy hoe hy homself “onder die brug” bevind het. Gepaard met die storie is daar die een van Kelly: ‘n jongdame werkagtig by Rooikruis Hospitaal. Sy het nooit ‘n liefde vir kinders gehad nie, totdat sy haar eie verloor het. Haar werkplek word haar geneesplek na dié tragedie.

 

Onder die Brug speel by Artscape in die Innovation Lounge op 18 en 19 Julie om 7.30 nm en 4 nm op 20 Julie. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of by die Artscape loket kantoor teen R80 per kaartjie.

Please reload

© Loots Digital (Pty) Ltd 2019