Press: WoordTROFees 2018 Wenners

April 19, 2018

2018 US Woordfees WoordTROfees is op 18 April by ’n spesiale toekenningsgeleentheid by Hog House op die Spier-landgoed oorhandig. Die wenners het elkeen ’n kunswerk en kontant ontvang.

Dié prysuitdelingsgeleentheid is aangebied met die ondersteuning van die ATKV. 

Die wenners is:

Toneel: Beste speler
Rehane Abrahams (Womb of Fire)

Toneel: Beste byspeler
Kopano Maroga (Buite land)

Toneel: Beste regisseur
Sara Matchett (Womb of Fire)

Toneel: Beste teaterstuk

Womb of Fire

Toneel: Beste Woordfeesdebuut

Klippe wat val 


Beste opkomende kunstenaar(s)

Carla Smith (NRNNSA)

Kontemporêre musiek: Beste musiekgedrewe produksie
Rooidag – NP van Wyk Louw getoonset en gesing

Kontemporêre musiek: Beste solo-kunstenaar
Elvis Blue (Saam)

Kontemporêre musiek: Beste groep
Gesnaarde gedigte

Klassieke musiek: Vokaal
Conroy Scott (Elijah)

Klassieke musiek: Instrumentaal
Signum Quartet

Visuele kunste: Beste aanbieding
Manyatsa Monyamane (Ongetiteld)

Woordkuns
Die kuns van verdwyn

Beste tegniese prestasie
Eeufeeskonsert (klankmeng: Johan Griesel)

Die boekpryswenners vir die beste verkope in vier verskillende kategorieë is:

Prosa: Elsa Joubert – Spertyd
Politiek en aktueel: Thandeka Gqubule – No Longer Whispering to Power
Leefstyl: Antoinette Pienaar – Die lang man sonder skaduwee
Kinder- en jeugboeke: Philip de Vos – Vandag is ek ’n windlawaai

Die volgende spesiale pryse is op die aand van die toekennings oorhandig: 

Die pendeldiens-span is aangewys as die Feeshelde wat vanjaar ’n besonderse bydrae tot die sukses van die US Woordfees gelewer het.

Janine Neethling het die In Verbondenheid-prys ontvang. Hierdie prys word toegeken aan ’n rolspeler wat binne die omgewing van die US Woordfees, WOW en die US Koor nouer en beter samewerking bewerkstellig het sonder dat hy/sy monetêr daarvoor vergoed is.

WOW Onderwyser van die Jaar
Johan le Roux

WOW Skool van die Jaar

Worcester Sekondêr 

 

Vir meer inligting oor die WoordTROfees en die US Woordfees, wat van 2-11 Maart 2018 op Stellenbosch aangebied is, kontak asseblief vir Danie Marais by danie_marais@sun.ac.za .

 

Please reload