Pers: Liewe Heksie - Flower Power, ‘n amperse pantomime

February 21, 2016

PRET!  Dit is die een woord wat die pantomime, Liewe Heksie: Flower Power opsom.  Of jy 4 of 84 is, hierdie produksie is vir jou.

 

“Liewe Heksie: Flower Power was amazing! Soos om na ‘n produksie in Londen te kyk in die West End, maar in Afrikaans! Die show het die kind binne my, die grootmens buite my en die performer in my, alles bymekaar gebring. Ek het lanklaas so happy by ‘n show uitgestap!! 10 uit 10!” - JAK DE PRIESTER

 

Die Antieke Romeine het baie tot die moderne wêreld bygedra.  Dink maar aan sement, paaie, steenoonde, sentrale verwarming, koerante, kalenders, kunstande, keisersnee, rioolstelsels, boeke, ens.  Gelukkig was die Romeine nie net hoogs gekultiveerd nie, hulle kon ook partytjie hou dat dit klap en daarom is een van hulle prettigste ontdekkings  die Pantomime!

 

Die geselskap van LIEWE HEKSIE: FLOWER POWER is bekende name in SA se vermaak kringe met Margit Meyer-Rödenbeck (alias Dowwe Dolla) in die titelrol, Chris van Niekerk (mees onlangs in die kykNET program Vlug na Egipte en Die Boekklub) as Karel Kat, Loukmaan Adams (saam met sy broer Emo Adams sing en dans hulle die wêreld aan die brand in produksies soos Brother Love en My broertjie my bra) as Geraldina die Geelheks, Crystal Donna Roberts (Vallei van die Sluiers, Getroud met Rugby en ook onlangs genomineer vir beste aktrise by die Goue Leeu Filmfees in Venesië saam met Juliette Binoche en Kirsten Stewardt) as Kwaaitjie Kabouter, en ander karakters, De Klerk Oelofse (Beste akteur by Aardklop 2014; genomineer vir etlike teaterpryse) as Blommie Kabouter, Kerrie en Borrie en nog ander, Emile Minnie (Uiters begaafde kabaretis en ook die musikale regisseur van die produksie.) as die koninklike pianis, Luca Human (Margit se 6 jarige dogter) as Matewis. Anna Davel (Een v SA se bekendste sangeresse) het die rol van die Feëkoningin oorgeneem by Zanne Stapelberg en Carel Nel (bekende Kaapse akteur) het die rol van Koning Rosekrans oorgeneem by Hannes van Wyk.

Jy kan nie hierdie produksie misloop nie, want Liewe Heksie is volksbesit!

 

Resensente van oor die hele land swaai die grootste lof toe. Mariana Malan van die Burger skryf: “Ek het laas soveel pret gehad op die ­slippery slide by die kerkbraai verlede somer. Liewe Heksie en al die ­geliefde karakters van die oorbekende stories is daar, maar hulle skop gat. Lizz Meiring se regie is so vrolik soos haar polkadot-spanbroek en -hemp. En die hele produksie is bedot, ­betotteld en betowerend.” (11 April 2015)

 

Daar is min teaterstyle wat kinders én volwassenes spontaan vermaak soos ‘n goeie pantomime. Blommeland se energieke, stuitige manewales gaan jou nog lank laat runnik. (skuus...grinnik. O, Griet!)


WOORDFEES VERMAAK VIR DIE HELE GESIN: Stellenbosch Stadsaal- 5 Maart om 09:00; 12:00, 12 Maart om 09:00; 12:00, 13 Maart om 11:00- Computicket

 

VERVAARDIGER: Arena Produksiehuis - Margit Meyer-Rödenbeck

REGIE: Lizz Meiring

TEKS: Francois Toerien en Margit Meyer-Rödenbeck na gelang van Verna Vels se karakters.

MUSIEK: Emile Minnie

KOREOGRAFIE: Loukmaan Adams

DEKOR: Gerrit Snyman

KOSTUUMS: Rouve Hattingh, Susanne Strydom

BELIGTING: Pieter Jan Kapp

TEGNIESE REGISSEUR: Jeanne Steenkamp

VERHOOGBESTUURDER: Carna Visser

 

ONDERSTEUN DEUR kykNET; AbsaKKNK; HIEMSTRA TRUST; CLEMENGOLD; TYGERVALLEI SENTRUM; HOLLYWOOD COSTUMES; HANNON

 

 

Please reload