Pers: Spektrum Kinderteater bied aan Spekkies

August 4, 2015

Spekkies is die gelukbringer eekhoring van Spektrum Kinderteater en het al sy buiging as aankondiger voor Spektrum toneelstukke gemaak asook in die kinderboekie, Spekkies se avonture in Rooikappieland. In die verlede was hy nie veel groter as ‘n gewone eekhoring nie, maar in hierdie splinternuwe toneelstuk kry die kinders die kans om Spekkies groter as volskaal te beleef.

 

Die twee maatjies in die stuk, Hannah en Patrys, krimp onverwags, toe hulle tower akkers eet wat Spekkies vir hulle gooi sodat hy met hulle kan praat. Hannah en Patrys leer alles van eekhorings, en ook van bye en die seisoene by Spekkies. Hul kompeterende geaardhede sorg ook vir baie humor as hulle Spekkies help kos vergader vir die winter terwyl daar ook alledaagse waarhede en wyshede kwytgeraak word tussen deur die aksie.  Verder word daar in die stuk gesing, gedans en lekker gelag saam met die spitsvondige karakters.

 

Karli Heine, Dean van der Ventel en Isak van Zyl vertolk die karakters. Die teks is deur Esther von Waltsleben en die regie deur Stephanie Hough.

 

Kom kuier 22 Augustus by Die Boet Restaurant Teater om 13:30. Bespreek by 021 979 1911 of direk aanlyn by www.dieboer.com

 

 

 

Please reload

© Loots Digital (Pty) Ltd 2019