top of page

PRESS: MAGDA LOUW with Dediré Gardner at Die Boer Theatre in Durbanville

Margit Meyer-Rödenbeck

 

"Magda Louw" tells the story of Magda Louw and her husband Erhard, who participate in a reality series, where a camera crew follows them to document their day-to-day life, with some unexpected twists and turns.

The show, starring Desiré Gardner, offers a tongue-in-cheek laugh and guarantees a good dose of inspiration. This Afrikaans production will run at Die Boer Theatre from 27 to 29 February and 1 March 2024 at R200pp with tickets available for booking at 021 979 1911 or www.dieboer.com.


“Magda Louw” vertel die storie van Magda Louw en haar man Erhard, wat deelneem aan ‘n werklikheidsreeks, waar ’n kameraspan hulle volg om hul dag tot dag lewe - met 'n paar onverwagse kinkels en kabels - te dokumenteer.


Volgens Desiré is Magda Louw 'n “tong-in-die-kies” en “knop-in-die-keel” kykie op die onvermydelike dinge in die lewe, soos oudword, tyd en die feit dat ons niks kan doen om die arm van die horlosie te laat stilstaan nie. “Dit gee ook 'n blik op die uitdagings wat ma-wees bied, huweliksprobleme, hoe om jpu lewenspad saam met een mens te stap, menopouse, die uitdagings van die middeljare, jaloesie en botoks.”


Desiré sê om Magda te speel is een van die lekkerste ondervindings van haar loopbaan. “Maak nie saak wat jy doen nie - hoe mooi jy oudword, hoe gesond jy leef of hoe baie ons van mekaar verskil nie - die een ding is seker: ons almal word oud. En ons is almal net tydelik hier, terwyl ons almal sukkel om elke oomblik te waardeer en werklik te ervaar.”

Daar is ‘n bietjie “Magda Louw” in elkeen van ons en elke dorp het beslis ’n “Magda Louw”….. of dalk meer as een! Lekker lag en 'n goeie dosis inspirasie word gewaarborg.


Kuier saam met Magda van 27 tot 29 Februarie en 1 Maart 2024 by Die Boer Teater. Kaartjies kos R200pp. Besprekings deur 021 979 1911 of www.dieboer.com.

תגובות


bottom of page